Stellenbosch se gratis Wi-Fi netwerk word tans geleidelik uitgebrei regoor die dorp. Die netwerk, geloods deur Mxit, Universiteit Stellenbosch en die Stellenbosch munisipaliteit, word sedert die begin van die maand uitgerol ná ’n “beta-toets” voorlopig voltooi is. Met die voltooiing van dié projek sal Stellenbosch die eerste Wi-Fi dorp in Afrika word.
Die Matie het deur Stellenbosch se strate gery opsoek na die gratis netwerk se sein. Tans word die netwerk bespeur in die middedorp in die gebied van Bird-, Plein-, Andringa en Kerkstraat. Die netwerk sal hierna begin uitkring na Kayamandi en Cloetesville. Daar word beplan om die hele munisipale gebied met gratis Wi-Fi teen die einde van die jaar te verskaf. Dit sluit selfs gebiede buite die dorp soos Pniel in.
Die netwerk word uitgebrei deur middel van repetisiehorlosies (repeaters) wat aangebring word op lamppale om die seine van die netwerk te reflekteer. Daar is tans 10 repetisiehorlosies aangebring in die middedorp.
Volgens mnr Pieter Venter, raadslid: Stellenbosch Munisipaliteit, word daar weekliks nog repetisiehorlosies in die dorp opgesit. Tans beoog die munisipaliteit om teen Junie reeds die netwerk uit te brei na Cloetesville en om Pniel teen die einde van 2012 te bereik.
Die Wi-Fi netwerk bereik reeds ’n spoed tussen 10- en 20Mbps. Met die uitbreiding van die netwerk sal die spoed toeneem, volgens Venter. Netwerktoetse word gereeld gedoen om die spoed van die netwerk te monitor. Gebruikers kan self spoedtoetse uitvoer deur sagteware op hul iPhone of Android af te laai.
Volgens Eikestadnuus word net 25 mense tans per netwerkpunt toegelaat, hoewel dit stelselmatig uitgebrei sal word.
** ’n Kaart van Stellenbosch wat aandui waar die Wi-Fi netwerk tans opgetel kan word en waar die sein die sterkste is.
Deur: Carlin van Zyl
Grafika: Roann Louw
Data: Gerrit Maritz





As julle ‘n professionele job wil run, kan die skrywer asseblief deur haar artikel lees voordat dit gepubliseer word? Ek dink dit is onaanvaarbaar dat spelfoute nogsteeds verskyn as dit net 5 minute gaan vat om die artikel te proeflees.
Ek het voorheen kommentaar gelewer hier oor onnodige swak spelling, maar lyk my dit is nou verwyder. Hoekom? En nog erger, ek sien die spelfoute is nogsteeds nie reg gemaak nie. Ek bedoel “Andriod” rerig? “Repetisie” word reg gespeel in een paragraaf maar daarna is dit verkeerd. Hierdie maak nie vir my sin nie.
Yes, uiteindelik na 18 dae is die spelfoute reggemaak.